A peacefull retreat for the weary traveller.
Bespreek nou
A peacefull retreat for the weary traveller.
Bespreek nouOns is Erich en Cornelia, die eienaars van Bergvliet. Bergvliet het begin in ’n stilte. In ’n behoefte aan ’n plek waar mense kan asemhaal… waar die wêreld ’n bietjie sagter klink… waar die Here se teenwoordigheid voel soos lig wat deur ’n gordyn val.
Ons het nie net eenhede geskep nie. Ons het ’n rusplek geskep — vir ons, vir jou, vir almal wat dalk ’n oomblik nodig het om weer heel te voel. Elke muur, elke kleur, elke klein detail is gekies met die hoop dat iemand hier sal instap en voel: 'Hier mag ek net wees.'
Ons glo in eenvoud, in warmte, in skoonheid wat nie hard probeer nie. Ons glo dat gasvryheid sag is — ’n ekstra kombers, ’n oop gordyn, die son op die vloer, die stilte wat jou skouers laat sak. En as jy by Bergvliet aankom, hoop ons jy voel presies dit: dat hier ’n plek is waar jou hart weer rustig kan word. En dat jy weer sal terugkeer na bekende vrede keer op keer.
Gebou deur genade — onderhou deur God. (Ps. 127:1)
Bespreek nou
Bespreek nou
Bespreek nou
Bespreek nou
Elke eenheid het sy eie storie — geïnspireer deur kuns, natuur en tydlose karakter.
’n Kykie in die siel van Bergvliet – waar kreatiwiteit en kalmte ontmoet.
In September het Bergvliet een jaar oud geword — ’n jaar van groei, genade en ongelooflike mense wat deel geword het van ons storie. Elke eenheid is meer as ’n plek om te bly; dis ’n weerspieëling van hoop, liefde en geloof in ’n droom wat stadig lewe gekry het.
Mens kan soveel dinge oor ’n plek vertel… maar die mooiste bly altyd wat ander daar ervaar. Hier is van die woorde wat ons die meeste hoor:
Elke keer as ’n gas dit vir ons sê, glimlag ons weer – want dít is die atmosfeer wat ons met liefde probeer skep.
Clarens in die winter is iets besonders.
Dink sneeu op die berge, vars oggende, stil strate en warm kaggels —
die perfekte tyd om asem te skep en stadig te leef.
By Bergvliet wag drie romantiese paartjie-eenhede en Salvado,
ons ruim 6-slaap eenheid vir gesinne of vriende wat saam wil wegkom.
*Winternaweke vul vinnig op. Onderhewig aan beskikbaarheid.*
Bergvliet Cottages is in die hart van Clarens, Vrystaat geleë — naby die dorpskern en gerieflik naby Golden Gate Highlands Nasionale Park.
Ja. Bergvliet bied kuns-geïnspireerde selfsorg akkommodasie in Clarens, met privaat en stylvolle eenhede wat volledig toegerus is.
Bergvliet is besonders geskik vir paartjies wat ’n romantiese en rustige wegbreek in Clarens soek.
Bergvliet is ideaal geleë vir gaste wat verblyf naby Golden Gate soek.
Clarens is ’n gewilde bestemming regdeur die jaar.